Dié sykant is brande, wat 'n wye verskeidenheid insluit; van huise wat afbrand, plantasies of brande in die berge, soos verlede jaar die geval was toe die Helderberge naby Somerset-Wes onder 'n groot brand deurgeloop het.
Goeie nuus vir die streek is dat daar 'n pro-aktiewe gereedheidsplan vir die seisoen reeds sedert Saterdag, 1 Desember in plek is met twee vastevlerk waterbomwerpers, 'n verkenningsvliegtuig sowel as 'n helikopter wat op Riversdal en Stilbaai gestasioneer is om te help met brandbestrydings aktiwiteite.
"Vir veiligheid en operasionele redes is die waterbomwerpers en verkenningsvliegtuig na Stilbaai verskuif, maar die helikopter bly in Riversdal," het Gerhard Otto, bestuurder: nooddienste aan Suid-Kaap FORUM gesê.
'n Inligtingssessie met die vier vlieëniers het op Donderdag, 13 Desember by die plaaslike brandweerstasie plaasgevind, omdat dit die eerste keer is dat die lugbystandsentrum se basis in Riversdal en Stilbaai is en die vlieëniers vertroud moet wees met die SCFPA (Southern Cape Fire Protection Association) se riglyne. Ander rolspelers betrokke by hierdie inligtingsessie was Eden rampbestuur, Eden brandweer, Hessequa brandbestuur en wetstoepassing, Working on Fire en FFA (Fire Fighting Association).
Suid-Kaap FORUM was ook saam uitgenooi na die plaaslike vliegveld op Riversdal om te sien hoe effektief hierdie water bomwerpers is. So 'n bomwerper kan 2 ton water (2 000 liter) en die helikoptger 1 000 liter per keer inneem, afhangende van die weerstoestande waar dit ietwat kan verminder.
Die vlieënier van die verkenningsvliegtuig, Willie Bouwer het die noodsaaklikheid van so 'n vliegtuig verduidelik, omdat die waterbomwerpers nie daarsonder kan funksioneer nie.
"Dit gaan oor veiligheid, omdat hulle laag in die rook vlieg en sigbaarheid soms nul is. Mens kan sê hulle word letterlik deur die verkenningsvliegtuig beheer. Die vliegtuie kan egter nie in die aand brandbestryding doen nie, omdat dit te gevaarlik is," het hy gesê. Die primêre reaksieterrein is vanaf die Breërivier tot by Gourits en dan is daar verskeie ander takke wat die res van die Kaapprovinsie dek. "Ons bly in hierdie streek tot volgende jaar 30 April, wanneer ons weer na die ander provinsies soos Noordwes, Gauteng en Mmpumalanga verskuif wanneer die brandgevaar weer daar hoog is," het Bouwer gesê.
Volgens hom wissel die reaksietyd van die vliegtuie/helikopter enigiets van 'n paar minute tot sowat 20 minute. Wanneer hulle reeds op die basis is, is dit baie vinnig. In gevalle waar dit 'n eerste waarskuwing (oproep) is, kan dit bietjie langer neem, maar hulle poog altyd om dit so gou moontlik te doen.
"Ons wil tog aan die gemeenskap 'n versoek rig om bedagsaam te wees met alle oop vure en slegs braavleisvure te maak op areas wat daarvoor ingerig en goedgekeur is," vra Otto. Brande kan aangemeld word by die 24/7-beheersentrum by 044 805 5071.
* Belangrik om te weet is dat vuurwerk slegs by geallokeerde areas afgevuur mag word op 31 Desember tussen 23:00 en 12:30. Die afskiet van vuurwerk sal nie toegelaat word by Gouritsmond en Jongensfontein nie. Die verkoop van vuurwerk word deur die polisie behartig en onwettige afvuur daarvan sal beboet word met R1000.
Die rolspelers.