RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie het weereens waarskuwings uitgereik.
- ’n Toename in huisbraak word beleef. Inwoners moet sorg dat hulle deure gesluit is, motorhuise toe en gesluit is en waardevolle items nie vanaf ’n venster sigbaar is nie.
- Diefstal uit motors is steeds ’n groot probleem. Moenie selfone, kontant en ander waardevolle items oop en bloot in ’n motor los nie.
- Mense word gereeld by kitsbanke beroof of hul kaarte word gekloon. Moet nooit alleen gaan geld trek nie. Hou jou omgewing dop en kyk of jy nie dopghou word nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'