STILBAAI NUUSFLITS - Inbrekers het hul moses teegekom toe hulle by ‘n juwelierswinkel ingebreek het.
Die voorval het Sondagoggend om 03:00 plaasgevind.
Die inbrekers het deur die dak van die juwelierswinkel toegang verkry.
Die plaaslike polisie en Coastal Security was vinnig op die toneel en hulle is gearresteer.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'