HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie in Heidelberg, in samewerking met munisipale wetstoepassers, het Vrydagoggend 13 Januarie op huiswinkels in die dorp toegeslaan.
Twee wyksraadslede, Abraham Daniels en Sonja le Roux, het hulle vergesel.
Twee jongmanne is in hegtenis geneem omdat hulle verblyfpermitte glo verval het. Hulle is ook gewaarsku om produkte, waarvan die verbruikersdatum reeds verval het, van hulle rakke te verwyder.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'