STILBAAI NUUS - As deel van Kinderbeskermingsmaand het die plaaslike polisie na kinders op plase uitgereik met 'n geleentheid op Kasselshoop buite Stilbaai.
Die organiseerders van hierdie uitreik op Vrydag, 13 Mei was sersant Christiana Lewaks, sosiale misdaadkoördineerder en sersant Godwin Johnson.
Lewaks het ernstig met die ouers gepraat oor die gebrek aan dissipline by kinders.
"Hulle het nie meer 'n benul van gehoorsaamheid nie. Ouers blameer te maklik ander instansies wanneer hulle kinders die pad byster raak," het sy gesê."
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'