Dié sessie was om die kinders meer bewus te maak van veiligheid, nie net op straat nie, maar ook ander veiligheidsaspekte, soos onder meer wat om te doen wanneer 'n vreemde persoon met hul praat of 'n rygeleentheid aanbied.
"Onthou om altyd vir Mamma, Pappa of jou ander huismense te sê wanneer jy by 'n maatjie wil gaan speel, sodat hulle altyd weet waar jy is," het Magda Kamfer, hulp-maatskaplike werker aan die grade R- en 1-klassies gesê.
Sers Hans Busch het, tot groot vermaak van die kleintjies, hulself laat demonstreer hoe hulle mekaar, maar veral vreemdelinge moet groet. Hy het ook daarop gewys dat dogtertjies nie deur 'n vreemde persoon aangeraak moet word nie.
Hy het ook gesels oor veiligheid tuis. Daantjie Kat het, soos te wagte, gekonsentreer op padveiligheid. Die program was die vorige dag ook by Bollie Konyn kleuterskool aangebied.

Die groep leerders het die program duidelik baie geniet.

Dogtertjies kan mekaar só groet, maar nie 'n vreemdeling nie, beduie sers Hans Busch
ARTIKEL EN FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'