HEIDELBERG NUUS - ‘n 22-Jarige jongman van Heidelberg is Vrydag, 30 April op heterdaad met ‘n plastieksak vol dagga betrap.
Lede van skof B het ongeveer 14:00 ‘n taxi opgemerk wat ‘n plastieksak langs die N2 by die skrootwerf naby Kairos Senior Sekondêre skool afgelaai en weggejaag het.
Die verdagte het die sak opgetel en toe hy die polisie opmerk, weggehardloop.
Die polisielede het hom ingehardloop en in hegtenis geneem.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'