Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Lede van Heidelberg-polisie het ‘n man (41) wat vroeër vanaand (Donderdag, 18 Maart) van die voetbrug buite die dorp op die N2 wou afspring, oorreed om daarvan af te sien.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte was hy van diens af en het toevallig op die toneel afgekom.
Die pa van twee is na Riversdal-hospitaal geneem om sy geestestoestand waar te neem.
Die man was vroeër in die week 'n opgeskorte vonnis in die plaaslike landdroshof opgelê. Hy is skuldig bevind na hy glo sy vrou met 'n mes in 'n supermark gedreig het.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'