STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-polisie en die buurtwagte het Saterdag 'n massa-operasie van stapel gestuur en veral op beurtkragtyd gefokus.
Die polisie, gewapen met lasbriewe gefokus op die informele gebied in Melkhoutfontein en veral moontlike drank- en dwelmhuise deursoek.
Daar is ook 'n groot fokus op onwettige werkers en vanaf Januarie 2022 tot 31 Maart vanjaar is 67 ongedokumenteerde buitelanders, in samewerking met immigrasie amptenare van Mosselbaai, gedeporteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’