STILBAAI NUUS - 'n Botsing tussen twee vragskepe in Durban hawe tydens 'n storm het veroorsaak dat 49 ton plastiekballetjies, bekend as nurdles in die see beland het.
Stilbaai het hierdie ramp nie vrygespring nie en die maatskappy Spilltech is gekontrakteer om die taak te verrig.
Hulle gebruik 36 mense as tydelike werkers, wat almal van Melkhoutfontein afkomstig is.
Die groep is verantwoordelik vir Jongensfontein, Skulpiesbaai, Lappiesbaai en Preekstoel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'