HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike NG Kerk se kategese het Bybels aan die dorp se kinders geskenk.
Hulle het Raymond Saayman genader om te help en ds. Quentin Nel het Sondag 25 Augustus 'n simboliese Bybel aan hom oorhandig.
Hy het Woensdag 28 Augustus 70 Bybels aan die kinders by sy sopkombuis uitgedeel.
Die kinders, wat nog nooit iets so kosbaar ontvang het nie, was baie opgewonde. Saayman het die kerk se kategese bedank vir die skenking waardeur die koninkryk van God uitgebrei kan word.
Raymond Saayman en sy vrou, Rose, by die kinders aan wie hy Bybels by sy sopkombuis uitgedeel het. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'