STILBAAI NUUS - Die kragbootjaer, Raynor Becker van Stilbaai en sy medejaer, Hugo Erasmus van Riversdal is as nommer een in die Pro Stock-klas in die land aangewys.
Dié span het hierdie gesogte toekenning ingepalm nadat hulle die meeste punte in dié klas tydens die nasionale kragbootkampioenskappe aangeteken het.
Hulle het aan al vier die rondes van die kampioenskap deelgeneem.
Drie daarvan was by die see en een in die binneland.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'