Update
STILBAAI NUUS - Ruiters te perd het gedurende Desember en vroeg in Januarie gehelp om vakansiegangers veilig te hou.
Volgens Alison Bryant, voorsitter van die Stilbaai-gemeenskapspolisiëringssubforum (GPFS) is perde die eerste keer in Desember 2018 gebruik om die oostelike deel van die kus te patrolleer.
“Dit was baie suksesvol en Stilbaai-polisie het gevra of ek weer die perde tydens die besigste tyd van die seisoen kan doen.”
Bryant se perde Ruby en Shadow is tydens die patrollies wat van die Goukou-riviermonding tot anderkant Preekstoelstrand gedoen is, gebruik. Sy boer langs die Spuithoekpad en neem die diere in ’n perdesleepwa strand toe.
“Ek sal by die volgende gesamentlike polisiëringsvergadering by die polisie hoor of hulle die perde ook gedurende die korter vakansies in April en September nodig het.”
Ervare ruiters wat by die departement van gemeenskapsveiligheid geakkrediteer is, is deur die Stilbaai-plaaswag gekoördineer. “Perde kan op onbegaanbare plekke uitkom waar mense nie normaalweg kan nie,” sê sy.
Lees 'n vorige artikel: Perde help misdaad bekamp
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'