STILBAAI NUUS - Ruiters te perd het gedurende Desember en vroeg in Januarie gehelp om vakansiegangers by Stilbaai veilig te hou.
Volgens Allison Bryant, voorsitter van die Stilbaai-gemeenskapspolisiëring-subforum (GPFS) is twee van haar perde die eerste keer in Desember 2018 gebruik om die oostelike deel van die kus te patrolleer.
Ervare ruiters wat by die departement van gemeenskapsveiligheid geakkrediteer is, is deur die Stilbaai-plaaswag gekoördineer.
“Perde kan op onbegaanbare plekke uitkom waar mense nie normaalweg kan nie,” sê sy.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'