RIVERSDAL NUUS - Die skoolkoor het op 10 Junie aan die Sing in Harmonie in George na die eindronde deurgering wat op 3 Desember in Port Elizabeth plaasgevind het.
Hier verower hulle 'n trofee vir die beste gewyde Afrikaanse lied, asook 'n tweede plek in die kompetisie.
Tydens hulle besoek het hulle na Bayworld gegaan en vir baie was dit 'n belewenis omdat hulle vir die eerste keer daar kom.
Die uitsending van die uitdunne wat in George gehou was, word op 27 Januarie op kanaal 146 om 17:00 uitgsaai en die eindronde in Port Elizabeth op 9 Februarie.
Die skool bedank mejj. Delycia Witbooi, Dot Adams, Anthea Prins en Tersia Muller, asookvdie borge wat dit moontlik gemaak het om na George en Port Elizabeth te reis.
Panorama Primêr se koor.
Die koor besoek die strand.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'