STILBAAI NUUS - Inwoners van Huis Stilbaai mag weer pakkies ontvang.
Volgens bestuurder Karlien Saayman kan familie en vriende vanaf Vrydag 8 Mei tussen 09:00 en 12:00 weer dinge soos eetgoed en handwerkbenodigdhede aflewer.
Die reëling sal vir elke Vrydag tydens vlak 4-inperking geld.
Hulle versoek dat inhoud voor aflewering met ontsmettingsmiddel skoongemaak word. Die afgeepunt vir alle inwoners wat sowel woonstelle, kamers as die versorgingsafdeling insluit, is die voordeur in Perlemoenstraat. Geen pakkies sal op ander dae van die week of by ander ingange van die tehuis ontvang word nie.
Wintersklere vir inwoners kan elke dag tot Vrydag 8 Mei gedurende die voormiddag in swart sakke wat duidelik met die ontvanger se naam gemerk is, by die voordeur in Perlemoenstraat afgelaai word. Al die klere sal eers in die tehuis se wassery skoongemaak word.
Saayman het benadruk inwoners se gesondheid is die bestuur se prioriteit. Hulle bedank elke familielid en vriend van Huis Stilbaai vir hul geduld met die streng reëls tydens die vlak 5-inperking.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'