Gallery Video
WITSAND NUUS - Wihan Wegewarth van Witsand het Vrydag 5 Julie en Saterdag 6 Julie sowat 40 km vanaf Malgas tot by Witsand geswem om geld in te samel.
Wegewarth (42), ’n sakeman van die kusdorp en pa van ’n vierjarige seuntjie, het die tog aangepak met die doel om geld te in om ’n verwaarloosde speelparkie in die kusdorp reg te ruk.
Hy het oor die twee dae 10 uur en 29 minute in die water deurgebring en altesaam 37,62 km geswem.
Hy is ondersteun deur Martin Fourie, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op Witsand, asook Thys Carstens en ander vrywilligers van die NSRI.
Hulle het teen Sondagaand reeds R65 000 ingesamel.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Wihan swem vir Witsand se speelpark
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.