MELKHOUTFONTEIN NUUS - Warm duvets, speelgoed en klere vir kinders en babas is Vrydag 15 Mei aan Ouma Lena se huis oorhandig om die nood in die grendeltyd te probeer verlig.
Dit is deel van Suid-Kaap Forum se gemeenskapsprojek genaamd die GET (Group Editors Together) Oliver Twist-projek.
Hierdie items is deur lede van die gemeenskap geskenk en baie daarvan is met liefde gebrei.
Breiers en naaldwerkers
Hoewel ons reeds 'n paar persone het wat vir ons projek brei, het ons steeds breiers (manlik of vroulik) nodig om ons te help. Indien jy nie wol het nie, kan ons dit aan jou verskaf.
Baie dankie aan Joesey Botha en Magda Halls van DROOM vir items wat hulle gebrei het, Jessica Peters van Saprotex International in Port Elizabeth vir die groot hoeveelheid wol wat sy na ons per koerier gestuur het, Simone Page van Stilbaai vir klere en speelgoed en al die ander donateurs wat verkies om anoniem te bly. Wees verseker dat dit ’n verskil in iemand se lewe gaan maak.
- Persone wat belangstel om ’n helpende hand uit te reik, of hand in die sak (beursie) te steek, kan die redakteur, Wilma Adamson by 082 636 1879 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'