ALBERTINIA NUUS - Jaagduiwels van Albertinia maak klaarblyklik van Grootfonteinstraat 'n renbaan, 'n groot bron van bekommernis vir ouers.
Die gejagery in die straat is nie net saans of in die vroeë oggendure nie, maar ook deur die dag.
"Ons is bekommerd en slaap onrustig oor die gejaag. Jong kindertjies en ook kinders wat skool toe stap, loop in Grootfonteinstraat. Wanneer word een van hulle doodgery?" het een van die inwoners gevra.
Blykbaar kom party van die motoriste selfs van die anderkant van die dorp om in Grootfonteinstraat te jaag. Volgens hom is daar reeds baie diere in dié straat doodgery.
In 'n ander voorval het 'n motoris blykbaar beheer verloor en binne-in 'n erf beland. Die eienaar van die erf was hoogs ontsteld, omdat dit boonop baie vroeg die oggend gebeur het.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'