Kol Charmain van der Sant van die Da Gamaskop Cluster en haar gade was die eregaste by die geleentheid. In haar toespraak het sy kortliks genoem dat polisielede gebore word en dat Stilbaai Polisie besonderse prestasies deur die jaar behaal het.
"Dankie vir julle goeie en getroue werk en voorspoed vir die besige seisoen wat op hande is." Sy het verder genoem dat dié stasie in April aangewys is as die nommer een polsisiestasie in die cluster, asook die nommer een kaptein-stasie in die provinsie, wat 'n groot prestasie is. "Julle harde werk het gesorg vir 'n tweedeplek op nasionale vlak."
Ten slotte het sy Elize Claassens, wat as die Wes-Kaap Vrou van die Jaar aangewys is, asook konst Henry Jafhta wat uitsonderlik in gevegskuns presteer het, uitgesonder. "Jafhta is nie net 'n sportman uit eie reg nie, maar is baie betrokke deur middel van die klasse wat hy in gevegskuns aanbied, wat die standaarde van die polisiestasie verhoog."
Buiten dat elke lid 'n sertifikaat van erkenning ontvang het, is 'n paar lede vereer vir spesiale prestasies. Stasiebevelvoerder Johan van Tonder het die lede bedank vir hul harde werk en getrouheid. Hy het ook Suid-Kaap FORUM, Badisa, die plaaslike Gemeenskaps Polisiërings Forum (GPF) en die personeel van Ouma Lena se Huis bedank vir die goeie vennootskappe wat hulle met die plaaslike polisie handhaaf. Frans Malherbe, voorsitter van die GPF het die belangrikheid van die gemeenskaps polisiëring beklemtoon, maar ook genoem dat dit goed gaan op Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein.
Erkennings
- Speurder van die Jaar: Ao Marcelle Grebe (Tekkie)
- Sportman van die Jaar: Konst Henry Jafhta
- Meeste dwelmarrestasies: Konst Donovan Tarentaal
- Skof van die Jaar: konsts Lehan Kiewiet, Vernon Rhaal en Godwin Johnson
- Vispol-lid van die Jaar: Konst Godwin Johnson
- Wes-Kaap Vrou van die Jaar: Elize Claassens
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Klik hier vir 'n fotogalery.

Konst Henry Jafhta, Sportman van die Jaar

Konst Donovan Tarentaal wat die meeste
dwelmarrestasies vir die jaar uitgevoer het.
ARTIKEL EN FOTO'S: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'