Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Hoewel dié dorpie in die hartjie van die Hessequa-streek nie self 'n optog gereël het nie, het 'n groot groep boere, besigheidspersone en inwoners na Hartenbos gereis om die 'Swart Maandag-optog' te ondersteun om bewusmaking oor veral moord op boere, maar ook alle ander moorde te kweek.
Emile de Villiers, plaaslike sakeman was ook daar en volgens hom was dit 'n ongelooflike ondervinding.
"Swart, bruin en wit het saam gebid vir vrede in ons land en alles het vreedsaam afgeloop," vertel hy.
Hy het beklemtoon dat dit geensins oor politiek gegaan het nie, maar die hoë moord- en verkragtingsyfer in ons land onder alle rasse.
Ongeveer 12 voertuie het vanaf Riversdal vertrek en by Cooper veilingskrale om 10:30 by amper 'n honderd bakkies, trekkers en vragmotors aangesluit.
Die konvooi het saam na Hartenbos gery, waar meer as 'n duisend mense vergader het.
Kyk 'n video hieronder.
Inwoners van Albertinia.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'