RIVERSDAL NUUS - Die skool se jaarlikse opedag het op 7 Maart plaasgevind.
'n Groep van ongeveer 210 laerskoolleerders asook ouers van Riversdal en die omliggende dorpe het die skool besoek.
Dit was die eerste keer dat die opedag in die middag aangebied is en groot opgewondenheid het voor die tyd in die saal geheers.
In 'n aanbieding is meer van die skool vertel en 'n uitstalling van al die skool se aktiwiteite het die dag ekstra spesiaal gemaak.
'n DVD van die skool is gewys, 'n ysbreker is gedoen en Neelsie (die skool se gelukbringer) het sy verskyning gemaak.
Die graad sewes het 'n toer na die verskillende klasse meegemaak waar opwindende aktiwiteite in elke klas gedoen is.
Elke leerder is met verversings bederf en ouers kon eetgoed in die personeelkamer geniet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'