STILBAAI NUUS - 'n Opwindende modeparade, nuutste haarstyle wys en grimering, asook 'n bakkompetisie vind Saterdag, 17 Oktober vanaf 13:00 tot 16:00 by Namo in Hoofweg-Wes, Stilbaai plaas.
Die hoof aantrekkingskrag van die geleentheid sal natuurlik die bakkompetisie ten bate van Community Animal Rescue Society (CARS) wees.
Baie pryse kan gewen word. Die geleentheid is om geld in te samel vir 'n massasterilisasie.
Vir meer inligting, skakel 062 458 0134 of besoek hul Facebook-blad.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'