HESSEQUA NUUS - Geen Kersbabas is gister (25 Desember) by die Riversdal-hospitaal gebore nie.
Nadia Ferreira, kommunikasiebeampte vir die departement gesondheid het vanoggend bevestig dat die hospitaal, wat die hele Hessequa-streek bedien, geen geboortes op Kersdag aangemeld het nie.
Ferreira sê 'n Wes-Kaapse provinsiale verslag oor geboortes op Kersdag sal later vanmiddag uitgereik word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'