Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die Suid-Kaap motorfietsklubs van Helpende Hand het Saterdagoggend, 28 Mei 'n ontbytrit na Stilbaai onderneem om komberse, warm baadjies en truie aan weerloses te skenk.
"Ons is Jesus se hande en voete en Hy gebruik ons om te werk waar daar regtig nood is,” het Corrie van der Westhuizen, president van Wes-Kaap Helpende Hand-motorfietsklub gesê.
'n Soortgelyke rit word vir 3 September na die Jura-sentrum in George beplan, met die hoofsaaklike doel om volwasse doeke te skenk vir bejaardes met demensia en alzheimer's.
Belangstellendes kan Marlise Labuschagne, Wes-Kaap assistent-streekorganiseerder kontak (071 390 7766).
VIDEO: Weerloses kry helpende hand
'Ons bring jou die nuuste Stilbaai, Hessequa nuus'