ALBERTINIA NUUS - 'n Gevestigde inwoner van Aloe Park, Albertinia het besluit om op Erfenisdag ‘n gesellige straatbraai vir nuwe intrekkers te reël, maar terselfdertyd daarmee diegene te groet wat verhuis.
"Ek is op Albertinia gebore en getoë en woon reeds sedert 2013 in Aloe Park. Mike en Audrey du Preez is nuwe intrekkers en John en Elma Hiten verhuis binnekort. John was ‘n onderwyser by Hoërskool Albertinia,” vertel Du Toit.
Rosemary Meyer is ook 'n nuwe intrekker, terwyl Erna Viljoen en Marissa Geel wat die straatbraai bygewoon het, reeds ‘n geruime tydjie in die park bly.
Erfenisdag straatbraai in Aloe Park. Foto's: Mariska Visagie:
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'