RIVERSDAL NUUS - Die vroeë oggendure van Saterdag 27 Julie het 'n tragiese moord op dié dorp opgelewer.
Die 57-jarige Stephanus Meyer is in sy blyplek met 'n skerp voorwerp doodgesteek.
Die inwoners van die hoofhuis op die perseel waar Meyer gewoon het, het Saterdag omstreeks 05:40 'n geraas agter in die erf gehoor. Toe hulle gaan kyk wat aangaan, was hulle blykbaar net betyds om iemand oor die heining te sien spring. Meyer het dood in die deur van sy huis gelê.
Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Geen verdagtes is tot dusver gearresteer nie. Die ondersoek duur voort.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'