HESSEQUA NUUS - Die insittendes van dié motor het Saterdagaand ongeskonde daarvan afgekom nadat die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor en teen die staalrelings gebots en in die middel van die N2 tot stilstand gekom het.
Volgens sers. Christiaan Jansen, Riversdal-polisiewoordvoerder, was daar drie insittendes in die motor tydens die ongeluk wat net buite Riversdal in die rigting van Heidelberg plaasgevind het.
Die drie, twee mans en een vrou, was op pad Heidelberg toe ná die rugbywedstryd tussen die twee buurdorpe toe die ongeluk plaasgevind het.
Volgens Jansen is geen klag teen die bestuurder aanhangig gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’