Update
RIVERSDAL NUUS - Die ondersoek deur die Wes-Kaapse departement van onderwys teen 'n onderwyseres van Panorama Primêr wat daarvan beskuldig is dat sy 'n 10-jarige leerder aangerand het, is onlangs afgehandel.
Volgens die kommunikasiebeampte, Millicent Merton is die ondersoek einde November afgehandel.
"Die opvoeder is skuldig bevind en het 'n finale waarskuwing ontvang. Sy is ook 'n boete opgelê."
'n Saak van aanranding was op 25 Augustus teen die onderwyseres aanhangig gemaak deur die pa van die seun.
Lees 'n vorige berig: Onderwyseres van aanranding aangekla
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'