HEIDELBERG NUUS - 'n Trok vol bier het Dinsdagoggend, 29 November, buite Heidelberg omgeslaan en aan 'n klompie inwoners, wat vinnig gespring het, kans gegee om vir die feesseisoen 'n paar kiste op te gaar.
Die ongeluk het so ongeveer 06:05, ongeveer 25 km buite die dorp, in die rigting van Swellendam gebeur.
Verbygaande motoriste en talle inwoners het binne enkele minute op die toneel toegesak en hul bakkies en motors vol kiste bier gelaai en weggery.
Die man het gou gespring en vir hom 'n paar kiste bier bymekaar gemaak, reg voor die feeseisoen inskop.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'