Update
STILBAAI NUUS - 'n Paar inwoners van Stilbaai het die afgelope week op sosiale media hul misnoeë met die beperkte dienste by die plaaslike staatskliniek te kenne gegee. Volgens die plasing het mense tandpyn en sukkel met oogprobleme, maar word nie gehelp nie.
Nadia Ferreira, woordvoerder vir die Wes-Kaapse gesondheids-departement, sê die inperking van dienste is tydelik, maar noodsaaklik vir die veiligheid van pasiënte en personeel.
"Ons het begrip vir die ongerief wat dit vir ons pasiënte inhou, maar ons eerste prioriteit is almal se veiligheid."
Sy sê verder pasiënte wat noodbehan-deling benodig, word steeds onmiddellik gehelp. "Pasiënte met tandpyn of 'n abses word deur die verpleegpersoneel of dokter by die plaaslike kliniek behandel. Dit kan wees met die toedien van antibiotika of pynverligting. Personeel kontak ook in noodgevalle die tandarts om te adviseer.
Indien 'n pasiënt noodbehandeling moet ontvang sal hulle dadelik na die hospitaal vir verdere behandeling verwys word. Die kliniek het ook direkte telefoniese konsultasies met George-hospitaal se spesialiste indien nodig."
Die departement beoog om die roetinedienste binnekort te hervat en bedank die publiek intussen vir hul geduld.
Vorige artikel: Beperkte kliniekdienste krap
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'