STILBAAI NUUS - Die Covid-19 pandemie het die gewone dienste wat deur staatsklinieke gelewer word, lelik aan bande gelê.
Hoewel dit sommige inwoners van Stilbaai warm onder die kraag het, sê Nadia Ferreira (Wes-Kaap gesondheidsdepartement woordvoerder) dis noodsaaklik vir veiligheid.
Pasiënte wat noodbehandeling benodig, word steeds onmiddellik gehelp.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'