RIVERSDAL NUUS - Die Oakdale VCSV-bestuur het geld ingesamel wat hulle aan die huis vir bejaardes op Riversdal oorhandig het.
Tydens die oorhandigingsgeleentheid het hierdie Oakdale-leerders ook van die senior burgers in hul kamers besoek en waardevolle en lewensverrykende gesprekke met hierdie ooms en tannies gevoer.
Hierdie leerders het dit so geniet dat hulle sommer binnekort weer besoek wil gaan aflê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'