Afgesien van die fondsinsamelingsprojek dien dit ook as bewusmakingsgeleentheid waar leerders bekend gestel word aan leerders met Down Sindroom.
Vanjaar het die Oakdalers onderling in die koshuis 'n bedrag van R1 667 ingesamel wat op Donderdag, 27 Februarie aan die organisasie oorhandig is. Die groep is ook deur fietsryers vergesel wat fondse insamel deur vanaf Kaapstad tot in George te ry.
Een van Oakdale se oudskoliere, Gert van Wyk (1985: matriek) is een van die mans wat jaarliks sy fiets trap om sy betrokkenheid by hierdie projek te toon. Gert was in 1986 in 'n motorongeluk en is sedertdien verlam, maar dien jaarliks met sy deelname aan die projek en besoek aan die skool as enorme motivering vir elke Oakdaler.
Agter van links: Henko Schoeman, Daniël Maree, JT Jackson, Armand Heunis, ST Swanepoel, Coenraad Strydom Casper Gous, Jason Clark en Jonathan Smith. Middel van links: Lynette Malan, Udesh Rampersad, Jacques Bartlett, André Latsky (skoolhoof), Stefan Cilliers, Cian Wagenaar, Herman Rademeyer, Christian Gericke, Ruan Barnard, Tineke Boshoff en Jan Malan. Voor van links: Lynette Malan, Patrick Darlow, Sarel Strydom, Gert van Wyk, Harold Wentzel, Lukas Kruger en Kevin Boshoff.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'