Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die skool het op 8 Januarie 101 graad 8-leerders geregistreer, waarvan 94 van koshuisinwoning gebruik maak.
Hulle kom van regoor die Wes-Kaap, maar ook so ver as die Oos-Kaap en Gauteng.
Die leerdertal is tans 466, die hoogste in die bestaan van die skool.
Die graad 8’s het die afgelope 10 dae aan ’n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem, soos op die Buiteplaas geslaap, ’n ‘Kruiwa Grand Prix’, swemgala, atletiekbyeenkoms, rugbyproewe en spanbouaktiwiteite, onder leiding van die verteenwoordigende raad van leerders, in samewerking met die 2019-matriekklas en personeel.
Die week is Saterdagaand afgesluit met ’n braai saam met hul ouers. Die span met die beste gees, die wenspan van al die aktiwiteite, die beste sportman, asook baan- en veldatleet is by die geleentheid aangewys. Daniël Malherbe verdien om uitgesonder te word vir sy deursettingsvermoë en sportmangees.
? Honderd-en-een graad 8-leerders van regoor die land het deel geword van die Oakdale-familie.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'