RIVERSDAL NUUS - Ryno van Wyk en Heinrich Ahrens, gr. 12-leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale, het onlangs die Presidentsverkennertoekenning ontvang.
Dit is die hoogste toekenning wat 'n Voortrekker op skoolvlak kan ontvang.
Om hierdie toekenning te verwerf, moet 'n Voortrekker verskeie verkennergebiedskampe bywoon.
Hulle moet 'n teoretiese eksamen voltooi om vir die presidentsverkenner-afrondingskamp te kwalifiseer. Hierdie toekenning word op nasionale vlak deur die hoofdagbestuur toegeken.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'