RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse gala-aand waarop blootstelling aan musiek-, sang- en verskeie kunstalente gebied word, is verlede week in die vorm van 'n Chair Challenge aangebied.
Afgesien van individuele kunstenaars het die koor ook saam met verskeie oudskoliere opgetree.
Die Oakdalers het die optrede van Neil McDonald, Kobus van Wyk, Steyn de Wet, Tienie van Wyk en Wicus Louwrens terdeë geniet en het hul maats met dawerende applous ondersteun.
Tino Singe met sy kulkunste was 'n absolute wenner en het almal onkant betrap met sy besondere talent en verhoogpersoonlikheid.
Wenners
- Jan-Hendrik Saayman (sang en kitaar)
- Tino Singe (kulkuns)
- Sybrand van Dyk en Morné Fuls (drama)
Mej. Celesti Kotze was die 'ontginner' van talente en was verantwoordelik vir 'n goed georganiseerde aand.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'