JONGENSFONTEIN NUUS - Die splinternuwe oorgeteerde pad in Strandstraat wat al langs die see verbyloop, is Donderdag 13 Desember amptelik geopen.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, bygestaan deur die voorsitter van die Jongensfontein Inwonersvereniging, Naas Palmer en rdl. Tinus van der Berg het die lint geknip.
Ander belanghebbendes, soos van die kontrakteurs van Entsha Henra aan wie die projek toegeken is, Niel Lyners raadgewende ingenieurs in samewerking met die tegniese afdeling van Hessequa-munisipaliteit wie die projek bestuur het, was ook teenwoordig.
Die opgradering het op 26 April vanjaar 'n aanvang geneem en is einde Oktober voltooi. Die koste vir die opgradering van Strandstraat beloop R1.6 miljoen.
Die groot oomblik. Die lint word geknip om Strandstraat amptelik te open. Foto's: Wilma Adamson
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'