Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Dié dorp spog nou met een van die mees modernste veiligheidshuise vir vroue in die Wes-Kaap indien nie in die land nie.
MOSAIC, 'n nie-regeringsorganisasie wat hulself beywer om vir vroue, wat aan geslagsgeweld en mishandeling blootgestel word, ’n veilige hawe aan te bied, het die ekstra myl geloop om nie net 'n veilige omgewing te voorsien nie, maar ook om die vroue te bemagtig om beter vir hulself te sorg wanneer hul tydperk by die veiligheidshuis verstryk is.
Mosaic het op Vrydag 7 Oktober die Peonies Learning and Development Centre by hul veiligheidshuis in Van Riebeeckstraat geloods, waar vroue tydens hul verblyf hulself kan bemagtig om die arbeidsmark te betree wanneer hulle die veiligheidskuiling verlaat.
Verskeie rolspelers waaronder verskeie regeringsdepartemente, justisie, maatskaplike dienste, die SA-polisiediens, Hessequa-munisipaliteit, asook verteenwoordigers van die Karuna Charitable Foundation Trust - die donateur van Peonies - het die openingsverrigtinge bygewoon.
VIDEO: Mishandelde vroue word bemagtig
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'