HEIDELBERG NUUS - Ná ses lange jare sonder 'n herder, het die gemeente van die JF Neumann Memorial Congregational Kerk eerw. Morgan Jacobs op Sondag 7 Januarie as hul nuwe geestelike leier verwelkom.
Jacobs, 'n boorling van Klippaat digby Jansenville, het verlede Donderdag met sy eggenoot, Annie en hul kroos hul intrek in die pastorie geneem.
Jacobs word op Saterdag 27 Januarie amptelik as herder van die gemeente ingehuldig.
Hy het die afgelope vier jaar die gemeente van Maphumulo Congregational Kerk in KwaZulu-Natal as geestelike leier bedien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’