Ursula Oosthuizen het die leisels oorgeneem by Frieda Janse van Rensburg, wat vir jare die pos beklee het.
Alhoewel sy oorspronklik afkomstig is van hier, voltooi sy haar laerskoolloopbaan op Calvinia en hoërskoolloopbaan op Heidelberg. Sy behaal deur Unisa haar BINF-inligtingskunde graad, waarna sy vir twee jaar vrywillig opleiding ontvang by die Duivenhoks en Heidelberg biblioteke.
Oosthuizen se visie is om die ledetal van die biblioteek te vermeerder, asook die jonger generasie meer betrokke kry deur middel van 'n moontlike leeskring, om sodoende die publiek bewus te maak van die belangrikheid van lees.
Die biblioteek bied 'n verskeidenheid van aktiwiteite, veral tydens vakansietye waar kinders stories lees en luister, kunsaktiwiteite gedoen en flieks gekyk word.
Die Immergroen Klub kom ook elke Donderdag daar bymekaar en verskeie onderwerpe word behandel en demonstrasies gelewer. Almal is welkom om dit by te woon.
Albertinia Leeskring bespreek elke eerste Woensdag van die maand 'n boek tydens hul maandelikse vergadering.
Die jaarlikse boekverkoping van die leeskring vind einde September plaas en word 'n gedeelte van die fondse aan die biblioteek geskenk. Hulle skenk ook reeds vir twee jaar lidmaatskap van die National Geographic vir die biblioteek.
Sekere tydskrifte word self aangekoop terwyl ander deur inwoners geskenk word.

Ursula Oosthuizen wil graag die biblioteek se ledetal uitbrei.
ARTIKEL: THERESIA VAN RENSBURG, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'