Video
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Brugswaai gaan binnekort vanaf die brug oor die Gouritsrivier aangebied word.
Rekspronge vanaf die ou padbrug van 65m hoog was die eerste wat in Suid-Afrika aangebied is. Dit is in 2009 gestaak omdat die ou brug onveilig verklaar is.
Die nuwe brugswaai-avontuur sal vanaf die N2-brug plaasvind.
Hierdie avontuur sal die nuutste toevoeging tot 104 toerismebestemmings tussen Riversdal en Tsitsikamma wees.
“Ons wag vir Sanral se finale goedkeuring voordat ons die brugswaai kan begin aanbied,” sê Alewijn Dippenaar van Adventures Garden Route, wat pas teruggekeer het van Duitsland, Rusland en België waar hy avontuurtoerisme in die Tuinroete gaan bemark het.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'