HEIDELBERG NUUS - 'n Graad R-leerder in Heidelberg het gistermiddag 'n noue ontkoming gehad toe hy in Joe Slovo Park na bewering onder 'n motor beland het.
Dié kleuter, Luciano Jacobs (6), het uit 'n spazawinkel in Mervyn Josephstraat gehardloop toe hy glo in die motor in vasgehardloop het.
Die kleuter is op die toneel vir sy beserings behandel en daarna na die Riversdal-hospitaal vervoer.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, word 'n klag van nalatige en roekelose bestuur ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'