HESSEQUA NUUS - Kinders van Die Herberg Kinder en Jeugsorg Sentrum op Robertson wat Desembervakansies agterbly wanneer hul maats na huise uitgeplaas word, is deur ‘n hedendaagse Samaritaan bederf.
Marius de Beer het hom weereens oor die kinders ontferm en kon hulle ’n wonderlike vakansie by die Nonarosa-boskamp, tussen Heidelberg en Witsand geniet.
Wat in Desember 2010 as ‘n oefenlopiekamp van ses nagte en sewe dae by die kamp begin het, het in 2018 tot ‘n gevestigde geleentheid gegroei. Die gemeenskappe van Heidelberg, Witsand en Riversdal span saam om die kinders te bederf – kompleet met Kersvader wat geskenkies uitdeel.
Groepe vriende, gesinne, besigheidsmense en boere van die omliggende plase dra mildelik by en kom deel selfs in die aktiwiteite. Die meeste aktiwiteite word deur jeugleiers van die Heidelberg Jeuggroep gelei.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'