HESSEQUA NUUS - Volgens Hessequa Munisipaliteit sal elektriese kragtoevoer onderbreek word op Vrydag, 9 Maart vanaf 07:00 tot 09:00.
Die areas hierdeur geraak is Riversdal, Novo, Kragga, Seekoeigat, Bosbou, Oakdale en Korenterivier.
Die onderbreking is as gevolg van noodsaaklike werk wat op die elektriese network gedoen moet word. Alle installasies moet gedurende die onderbreking as lewendig beskou word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'