RIVERSDAL NUUS - Anwyn Winterbach van Anwyn’s Acro Dance Academy bring die Integrated Artistic Acrobatic Association van SA se Nasionale Kampioenskappe na Riversdal.
Dit is ‘n eerste vir hierdie streek en ongeveer 180 dansers, van onder vyf jaar tot volwassenes, gaan van 2 tot 6 Oktober op Riversdal toesak.
Die week skop af in die Burgersentrum met onder andere akrobatiese danse en hip-hop, en bou op na die hoogtepunt Vrydagaand wanneer die prysoorhandigings sal plaasvind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’