HESSEQUA NUUS - Jou en jou gesin se veiligheid bly jou eie verantwoordelikheid.
Johan Crous, voorsitter van Goukou-plaas- en buurtwag, gee ‘n paar veiligheidswenke wat enigiemand kan toepas en wat kan voorkom dat jy ’n misdaadteiken word.
Trek die gordyne voor donker dig, sluit die deure en veiligheidshekke, en onthou om die alarmstelsel te aktiveer.
Spreiligte op jou plaaswerf en bewegingsensitiewe ligte in jou tuin kan jou gesin help veilig hou.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'