Update
WITSAND NUUS - Renier Groenewald het op 29 Maart sy 84ste geboortedag herdenk. Renier is 'n oud-Gautenger wat hom aanvanklik op Melkbosstrand gevestig het, maar deesdae woon hulle in Witsand.
Hy het 'n paar jaar gelede die nuus gehaal toe hy Melkbosstrand elke oggend platgeloop het om die strand skoon te hou. Nou doen hy dit in Witsand.
Sy dogter, 'n bekende sakevrou van Gauteng, Sonja Smith-Janse van Rensburg het op sosiale media 'n stukkie oor haar pa geskryf en gevra mense moet hom 'n drukkie gee as hulle hom op die strand sien. Hy het selfs sy eie skoonmaaktoerusting, 'n staalpen met 'n skerp punt gemaak.
"Dit is 'n kruis tussen 'n stapkierie en 'n beach cleaner," sê Renier. Die skerp punt kan regdeur plastiekbottels en blikkies druk, dus hoef hy glad nie met sy hande aan die rommel te vat nie.
'n Goeie voorbeeld vir almal. Renier Groenewald besig om vullis op die strand op te tel.
Vorige artikel: Sy missie is 'n skoon wêreld
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'