Gallery
STILBAAI NUUS - Die tweede Fynbos-Hol wat ten bate van Stilbaai se Tuin op die Brak gehou is, het Saterdag 19 Oktober plaasgevind.
Deelnemers van laerskoolouderdom tot pensioenarisse het die 5 km draf- of staproete voltooi.
Suid-Kaap Forum se redakteur, Wilma Adamson het ook haar stapskoene aangetrek en die koerant verteenwoordig.
By die eindpunt het die voorsitter van die tuin se komitee, Willie Delport, vir heerlike worsbroodjies gesorg.
Die sertifikate lê gereed vir die wenners. Foto: Deona Aucamp
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'