RIVERSDAL NUUS - “Ek leef my Christenskap ten volle uit en benut en waardeer elke geleentheid wat ek kry.”
Dit is die woorde van Pieter van Wyk (49), ‘n bekende boer, president van Riversdal-landbouskou en ook die besturende direkteur van ‘n steenwerke.
Dié gebore Riversdaller het hom in 1993 by sy ouers – Joubert en Alida - se boerdery op die plaas Vetterivier aangesluit.
Pieter is ‘n gesinsmens. Hy en sy vrou, Sandra, is al 26 jaar getroud. Hul twee seuns, AJ (24) en Jan-Hendrik (22) het hulle onlangs by die boerdery aangesluit en hul dogter, Tina-Mari (21), is besig met haar derdejaar-studie op Stellenbosch.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'